558 Dae – ‘n Ware Verhaal

Die hartverskeurende verhaal van ontvoeringslagoffers Yolande en Pierre Korkie. 558 Dae is Yolande se rou en eerlike vertelling van hulle aaklige ervaring nadat hulle in Mei 2013 in Jemen ontvoer is. ‘n Aangrypende ware verhaal van oneindige liefde, algehele vergifnis en onwankelbare geloof in die almagtige God.

Yolande Korkie, die weduwee van Pierre Korkie, is in die VSA gebore, maar het op Suid-Afrikaanse bodem grootgeword. Voor hulle vertrek na Jemen het die egpaar en hulle twee kinders, Pieter-Ben en Lize-Mari, in die sonskyn van Sentraal-Suid-Afrika gewoon, gewerk, studeer en gedy. Yolande het ’n meestersgraad in Sielkunde en ’n diploma in Pastorale Berading. As huweliksmaat het sy die veelsydige Pierre in elke onderneming bygestaan en haar volledig met sy roeping as mentor in Jemen vereenselwig. Daar het sy die taal geleef deur onderwys, hulpverleningswerk en perdryklasse. Sy en die kinders woon in Bloemfontein, waar sy as dosent betrokke is by die Universiteit van die Vrystaat. In 2019 het sy by Incontext International aangesluit en die nie-winsgewend maatskappy, Crisis Response Network begin.

R300.00

Availability: 33 in stock

Availability: 33 in stock

Weight680 g
Dimensions210 × 155 × 40 mm